Vertaal na: / Translate to:

  • Livestock Protection
    Peace of Mind and Prosperity Livestock Protection
  • Predator Research
    Conservation GIS Predator Research
  • Vehicle Tracking
    DIY Asset Management Vehicle Tracking
  • Geology & Soil GIS
    Comprehensive Geology & Soil GIS
  • DIY Mapping
    Draw Your Own DIY Mapping
  • Peace of Mind & Prosperity
    Livestock Management & Protection Peace of Mind & Prosperity
  • Livestock Protection
  • Predator Research
  • Vehicle Tracking
  • Geology & Soil GIS
  • DIY Mapping
  • Peace of Mind & Prosperity

Selfdoen GPS Monitering

6-35V DC en herlaaibare opsies. HOTMOBILE

HOTMOBILE 6-35V DC opsie is geskik vir all tipes beweegbare/los bates wat eie kragvoorsienning het soos: bote, motorfietse, vierwiel motorfietse, voertuie, vragmotors, trekkers, myn implemente, ens... HOTMOBILE herlaaibare opsie is geskik vir alle beweegbare.los bates wat nie eie kragvoorsienning het nie soos: sleepwayens, houers, huur toerusting, saad sakke, geld sakke, ens...

Meer inligting...

GPS Personeel Monitering

Ergonomies en groot battery kappasiteit opsies. HOTGUARD

HOTGUARD is geskik vir alle tipes personeel en self monitering: Wagte, stappers, jagters, buite sport, oud/gestremdes, polisie, soldate, navorsers, BBP's, bergklimmers, reddings spanne, ens. HOTGUARD is beskikbaar in palt ergonomiese en normale lang battery lewe opsies en pas met 'n belt om 'n arm, been, middel, nek of kan in 'n hemp of baadjiesak gedra word. HOTGUARD het 'n ingeboude karterings funksie en koverte funksie. HOTGUARD moniteer aktiwiteit, gedrag, klimaat bloodstelling en gesondheid met die byvoordeel van GPS posisionering.

Lees meer...

GPS Diere monitering

Vee en wild opsies. HOTSTOCK

HOTSTOCK en HOTGAME sindroom moniterings nekbande is beskikbaar in spesifieke pakkette vir elke individuele spesie (skape, boerbokke, beeste, perde, honde, renosters, ystervarke, rooikatte, buffels, olifante, leeus, luiperds, jagluiperds, ens.) en in die geval van vee ook die boerdery tipe (Intensiewe/Ekstensiew boerdery). HOTSTOCK nekbande HOTGAME nekbande lang lewe batterye bevat wat vervangbaar is.

Lees meer...

Handelaarsaansoeke welkom, wêreldwyd. Klik hier vir die aansoekvorm.

Beskerm jou veebelegging

Veediefstal is ‘n oortreding wat boere jaarliks derduisende uit die sak jaag. Dit lyk ook nie of die probleem binnekort opgelos gaan word nie. Alhoewel die Nasionale Veediefstalforum tevrede is dat daar wel ‘n politiese wil is om veediefstal te bekamp, bly die statistieke kommerwekkend.

Luidens die Forum se jongste persverklaring is sowat 60 600 beeste in die tydperk van 1 April 2010 tot 31 Maart 2011 gesteel. Hiervan is minder as die helfte (26 458) teruggevind. Sit dan die res om in randwaarde en meet die skade van drade wat geknip is en ander vee wat in die proses vermink is, raak die syfer genoeg om enige boer moedeloos te maak – R256 065 000 kan nie sommer teruggekry word nie.

Products

Om die nek
Dit is met hierdie realiteite in gedagte dat Gerrit Steenkamp so ‘n ruk gelede besluit het om sy beestroppe toe te rus met Hotgroup se vee- nekbande. Gerrit boer die afgelope tien jaar net buite Bethlehem in die Vrystaat, op twee stukke grond. Hy het drie troppe Angus-beeste wat hy vir kommersiële doeleindes aanhou. Gerrit bly nie op die plase self nie, maar woon in die dorp waar hy ‘n besigheid bedryf. “Ons is baie na aan die Lesotho-grens geleë en het nogal ‘n groot veediefstalprobleem in die omgewing. Ons moet die probleem dus konstant aanspreek,” sê hy. “Hotgroup se vee-nekbande het vir my na die id le oplossing gelyk, veral omdat ek ‘n entjie van my grond af woon en dus ‘n betroubare stelsel nodig het om my te waarsku as daar werklik probleme is.”

Só werk dit
Gerrit het drie pakkette aangekoop – een vir elk van sy drie troppe. Die nekband reageer op vreemde of ongewone optrede deur die diere. As die dier dus senuweeagtig raak en begin maal of paniekerig raak, tel die nekband die vreemde gedrag op en stuur ‘n alarm in die vorm van ‘n SMS na die eienaar. En dit is dan ook hoe Gerrit onlangs, net toe hy in die bed klim, ‘n alarm op sy selfoon ontvang, wat hom verwittig dat die een trop paniekerig is. “Ek het eers nie te veel ag daarop geslaan nie,” vertel hy. “Toe die alarm egter kort daarna weer op my selfoon deurkom, het ek besef dat iets fout is. Terwyl ek aangetrek het om uit te ry plaas toe, het nog ‘n SMS deurgekom.” Toe hy half twaalf daardie nag by sy beeste aankom, was daar geen teken van oortreders nie. Die omgewing leen hom ongelukkig tot lekker wegkruipplek en dit is moeilik om daar- Veediefsta is ‘n oortreding wat boere jaarliks derduisende uit die sak jaag. Dit lyk ook nie of die probleem binnekort opgelos gaan word nie. Alhoewel die Nasionale Veediefstalforum tevrede is dat daar wel ‘n politiese wil is om veediefstal te bekamp, bly die statistieke kommerwekkend. die tyd van die nag te bepaal of iemand in die nabye rantjies wegkruip. Na ‘n bietjie ondersoek en rondry, het hy egter twee plekke gekry waar die drade geknip was. “Ek het dadelik ons omgewing se plaaswag gekontak. Hulle het hul voertuie ontplooi, maar ook niks gekry nie. Die drade was egter genoeg bevestiging dat iemand wel besig was om hulle aan my kudde te help.” Nadat die beeste getel is en daar vasgestel is dat almal daar was, kon Gerrit voortgaan met die herstel van sy drade.

Elke sent werd 
“Vandag is ek blyer as ooit dat ek die Hotgroupstelsel aangekoop het. As dit nie vir daardie SMSe was nie, was ek net nog ‘n ongelukkige statistiek. Ek kan die stelsel aanbeveel vir enige boer wat met lewende hawe boer. “Haal liewers die ekstra   ar rand uit en  beveilig jou belegging. As ek moet dink aan die verliese wat ek kon gely het indien my beeste gesteel was, is die som eenvoudig om te maak – belê liewer in hul veiligheid.”

Skuldvry

Het u geweet dat ons totaal Skuldvry is?  Ja dis waar! Die HOT groep firmas het geen skuld nie. Dit bedoel dat niemand ons geld skuld nie en dat ons ook niemand enige geld skuld nie. Dink 'n bietjie hieroor vir 'n oomblik. Ons het geen bank oortrokke fasiliteite nie, geen krediet kaarte nie, geen voertuig lenings nie, geen fabriek of kantoor huur nie, geen verskaffer rekeninge niet, geen huurooreenkomste nie en geen maandelikse rekeninge aan kliente nie! Ons besit als wat ons het, befonds ons eie projekte en as geregistreerde invoerder en uitvoerder hanteer ons ook al ons internasionale transaksies self. Ja, net soos u betaal ons met bestelling en dit maak ons een van die veiligste firmas om mee besigheid te doen op hierdie planeet.